Municipal

VIDEO – Vonke spat gevolg deur vlamme by paal op Ermelo

Inwoners het video’s gedeel van ’n kragboks wat vonke spat op die hoek van Dr Malanstraat.

Videos wat deur ’n inwoner met Hoëvelder gedeel is en op ’n WhatsApp-straatgroep versprei is, wys vonke wat spat by ’n kragpaal op die hoek van Theron en Dr Malanstraat.

Volgens die inwoner is die brandweer ná die insident ontbied.

’n Plaaslike elektrisiën is na bewering ook op die toneel en het die situasie as veilig beskryf, met verdere herstelwerk wat na bewering benodig sal word.

Inwoners in gedeeltes van Dr Malanstraat het aangemeld dat hulle krag gelukkig nie onderbreek is nie.

Lesers wat tans kragonderbrekings ervaar, kan dit in die kommentaarafdeling rapporteer.

*** Volgens opgedateerde inligting wat deur ’n verhuurder aan die Hoëvelder oorgedra is namens Amanda Jooste en JB Jooste wat hul videos ook gedeel het, was dit nie die kragboks nie, maar die paal waar vonke waargeneem is. Die berig is dienooreenkomstig aangepas om die nuutste inligting te weerspieël en addisionele videos is by te voeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button