AfriForum se Chrissiesmeer-vullisdromprojek verwyder meer as 530 sakke vullis
Plaaslike ondernemings meld volgens AfriForum dat besoekers die skoner voorkoms van Chrissiesmeer toenemend opmerk en waardeer.
CHRISSIESMEER – AfriForum se Chrissiesmeer-tak sĂª sy vullisdromprojek maak reeds ‘n merkbare verskil in die dorp.
Volgens die organisasie is meer as 530 sakke vullis sedert die begin van die jaar verwyder, waarvan 99 gedurende Junie opgelaai is.
Die organisasie meen die projek help om tekortkominge in munisipale vullisverwydering aan te spreek.
Volgens Millicent van den Heever, voorsitter van die Chrissiesmeer-tak, meld plaaslike ondernemings dat besoekers die skoner voorkoms van die dorp opmerk.
Benewens die vullisdromprojek onderhou die tak ook die plaaslike begraafplaas en het onlangs ‘n graf op versoek van ’n familie in Mbombela opgeknap.

Lees meer oor AfriForum se terugvoer oor die projek, die instandhouding van die begraafplaas en Van den Heever se volledige kommentaar in die Highvelder se gedrukte uitgawe.



