Local news

AfriForum slaggereed om Rand Water in hof te pak

AfriForum sal in die Hooggeregshof in Pretoria aansoek doen om ’n interdik te kry wat Rand Water verplig om die watertoevoer te herstel.

AfriForum het op 12 Desember in samewerking met die boere in die Bethal-omgewing twee miljoen liter water aan die gemeenskap versprei.

Hierdie reuse-mylpaal is behaal ondanks die wurggreep van ’n erge droogte wat die omgewing teister.

Bethal se krane is al van September af droog met gebiede wat meer as 120 dae lank nie water het nie.

ALSO READ: Water crisis: Ermelo faces tough restrictions

Tehuise, skole en kerke met noodwaterpunte word onder hewige druk geplaas met inwoners wat eindeloos op soek is na water.

Intussen doen AfriForum vandag, Dinsdag 17 Desember, in die Hooggeregshof in Pretoria aansoek om ’n interdik te kry wat Rand Water verplig om die watertoevoer ten volle te herstel.

ALSO READ: Brummer and Douglas dams in Ermelo: A worrying sight

Rand Water het in verskeie skrywes aan AfriForum aangevoer dat die waterdruk nie verminder is nie.

LUR Speedy Mashilo het egter onlangs op ’n vergadering van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake aan DA-lede bekendgemaak dat die waterdruk inderdaad met 50% verminder is weens die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit se onvermoë om sy Rand Water-rekening te betaal.

ALSO WATCH – Torbanite Dam suffers major fish mortality as water levels drop

“Die Govan Mbeki-munisipaliteit verkies egter steeds eerder om nuwe voertuie en selfs jaareindfunksies by weelderige troulokale te hou in plaas daarvan om die inwoners te help. Watertenks is selde in Bethal te sien en as dit gesien word, is dit besig om nog water uit die netwerk te tap en na eMzinoni te versprei,” het Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld gesê.

Bekker meen Bethal se inwoners verdien nes die res van die munisipale gebied ook water.

“As dit nie vir die boere was nie sou ons in groter moeilikheid gewees het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button