Local news

Hemele maak oop: Ermelo-damme weer tjok-en-blok vol

Kommer oor die streek het toegeneem weens die droogte wat geheers het.

ERMELO – Die hemele het sedert laat Desember behoorlik oopgemaak, met reënval wat verseker het dat die meeste damme in die dorp weer vol is.

Die Hoëvelder het op 9 Januarie bevestiging ontvang van Mandla Zwane, woordvoerder van die Msukaligwa Plaaslike Owerheid, oor die huidige damvlakke.

Volgens Zwane lyk die vlakke soos volg:

Douglasdam: 100%
Torbanitedam: 103%
Willem Brummerdam: 95%

Kommer oor die streek het toegeneem weens die ernstige droogte wat voorheen geheers het, met boere wat die grootste druk ondervind het.

SIEN OOK: Brummer and Douglas dams in Ermelo: A worrying sight

Volgens beskikbare data het 2024 die laagste reënval in dekades opgelewer, wat hierdie reënval des te meer ‘n groot seën maak vir almal wat van die waterbronne afhanklik is.

LEES OOK: Damvlakke op Ermelo styg ná goeie reënval

Die plaaslike owerheid het ook bevestig dat ekstraksiepompe by Douglasdam na hoër grond verskuif moes word weens die stygende damvlakke.

Foto’s wat op die owerheid se Facebook-blad geplaas is, toon die merkwaardige styging ná net twee dae van deurlopende reën.

Die verskil in Douglasdam se vlakke vanaf 7 tot 9 Januarie. Foto’s: Verkry vanaf MLM se Facebook-blad.

Flitsvloedgevaar waarskuwing

Terselfdertyd het veiligheidsgroepe inwoners gewaarsku om waaksaam te wees vir moontlike flitsvloede weens die groot hoeveelhede water.

Op 8 Januarie het vloedwater oor die brug tussen Morgenzon en Ermelo op die R39 gevloei. Net so is die brug op die R35 naby die Komati-kragstasie, 42,4 km noord van Bethal, oorstroom.

SIEN OOK: WATCH – Torbanite Dam suffers major fish mortality as water levels drop

Theo Craven, van die South African Community Crime Watch-groep (SACCW), het inwoners gemaan om nie te probeer om laagwaterbrûe oor te steek wanneer riviere in vloed is nie.

“Vermy dit om deur sulke water te ry, aangesien vinnigvloeiende strome gevaarlik kan wees. As jy in ‘n vloed vasgevang word, beweeg dadelik na hoër grond,” het Craven gemaan.

Hy het ook inwoners aangemoedig om op hoogte te bly van die nuutste inligting wat deur plaaslike owerhede, veiligheidsgroeppe soos die SACCW en die plaaslike media beskikbaar gestel word.

“Onthou, voorsorg red lewens.”

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button