Padherstelwerke in Breyten laat inwoners kop krap
Padwerke in Breyten kry kritiek ná foto’s gebrekkige herstel wys.
BREYTEN – Die toestand van Breyten se paaie het weer onder die loep gekom nadat Louis Bates, voormalige skoolhoof van Laerskool Breyten, foto’s aan Hoëvelder gestuur het van onlangse padwerke in Sophiestraat.
Hierdie straat is ’n berugte pad waar verskeie voertuie en selfs ’n klein vragmotor reeds vasgesit het.
ALSO SEE: VIDEO – Small truck stuck in giant pothole in Breyten
Wat egter as ’n poging tot verbetering beskou moes word, het vinnig aandag getrek om al die verkeerde redes.
“’n Mens kan net jou kop skud as jy na die herstelwerke kyk,” sê Bates, wat die werk beskryf het as ’n mors van belastinggeld.
Die beeld toon duidelik hoe net ’n klein gedeelte van die pad met bitumen of kouemengselmateriaal oppervlakkig herstel is.
Dit is nie behoorlik geteer nie en daar is geen deklaag of kompakte afwerking nie. Verskeie los gruisareas is steeds sigbaar reg rondom die herstelwerk.

“Sou dit herstelwerke wees wat tydelik deur inwoners gemaak is om die situasie effe te beredder vir motoriste, sal mens nog kan verstaan. Maar hierdie werk is lagwekkend indien dit deur die owerheid uitgevoer is,” het Bates bygevoeg.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



