Höll-gesin wag op verslag ná Elizka (13) se dood
Haar dood voorafgegaan deur ’n skielike en vinnige verswakking van haar gesondheid, wat haar longe en hart ernstig aangetas het.
ERMELO – Die familie van Elizka Höll (13), ’n leerling van Laerskool JJ van der Merwe, het bevestig dat haar dood voorafgegaan is deur ’n skielike en vinnige verswakking van haar gesondheid, wat haar longe en hart ernstig aangetas het.
Sy het einde Julie siek geword en is kort daarna in die hospitaal opgeneem, waar sy intensiewe sorg ontvang het, insluitend lewensondersteuning.
LEES OOK: Ermelo-gemeenskap getref deur verlies van jong JJ-leerling
Elizka is op Vrydag 1 Augustus oorlede nadat haar hart onherstelbaar verswak het.
Haar ma, Janecka, het gesê dat hulle nog op die verslag van die nadoodse ondersoek wag, om die presiese oorsaak van Elizka se dood te bevestig.
Medelye het van oral ingestroom, met verskeie skole wat hul simpatie en steun via sosiale media uitgespreek het.

Lees in Donderdag se Hoëvelder die volledige weergawe van Elizka se siekbed, wie sy was, haar drome, en haar ouers se huldeblyk aan hul dogter.
NEEM KENNIS: Hierdie artikel is ná publikasie gewysig om onduidelikhede oor die bevestiging van die oorsaak van dood reg te stel.



