Local news
KYK – Ermelo gemeenskap span saam om man in nood te help
Die man het op straat te lande gekom met al sy besittings, maar met die hulp van weldoeners is daar vir hom ’n plek by Mooihawens gereël.
ERMELO – Inwoners het vroeër vandag saamgespan om ’n man wie onlangs op harde tye geval het, te help.
Die man het op straat te lande gekom met al sy besittings, maar met die hulp van weldoeners is daar vir hom ’n plek by Mooihawens gereël.
In ’n verdere poging om te help, het Toyota ’n vragmotor beskikbaar gestel om sy besittings na sy nuwe tuiste te vervoer.
Alhoewel die vervoer gereël is, word die gemeenskap se hulp nou benodig om die meubels op die vragmotor te laai.
Enigeen wat wil help, word gevra om vandag om 14:00 by die hoek van Generaal Botha-laan en Camdenlaan bymekaar te kom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!