Ermelo VLU Robyntak kuier in pienk
Die groep het drie bome met pienk linte versier as deel van bewusmaking vir kanker.
ERMELO – Die vroue van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Robyntak het op 14 Oktober meer geleer oor vrouegesondheid tydens hul maandelikse vergadering.
Die vergadering is toegespits op bewusmaking en vroeë opsporing, met kundige sprekers, sr. Yolandi Fourie en sr. Madelein Venter van Fourie Apteek en die Arrie Nel-groep.
Hulle insiggewende aanbiedings het die lede opnuut laat besef hoe belangrik gereelde ondersoeke en proaktiewe vrouegesondheid is.
Elaine Buhrmann was die wenner van die gelukkige trekking en het ’n gratis IV-terapie, geskenk deur Fourie, gewen.

Die groep het drie bome met pienk linte versier as deel van bewusmaking vir kanker.
Yolanda Nieuwenhuis is vereer as die Robyntak se ‘kanker-vegter’ en ’n pienk roos is aan haar oorhandig.
Die byeenkoms is afgesluit met ’n gesellige kuier en heerlike verversings.

Roelien Du Plessis en Elaine Buhrmann het die leiding geneem vir die eetgoed en Nieuwenhuis is bedank vir haar bydrae om die lokaal mooi te maak.
Die volgende byeenkoms van die Robyntak sal op 11 November plaasvind.



