Local news

Lig en netheid bring nuwe trots in Chrissiesmeer

AfriForum se Chrissiesmeer-tak het nuwe ligte aangebring en duisende vierkante meter gras gesny om die dorp veiliger en netjieser te maak.

CHRISSIESMEER – AfriForum se Chrissiesmeer-tak het gedurende September groot vordering gemaak met hul projekte om die dorp veiliger en netjieser te maak.

Ses nuwe ligte is by strategiese punte geïnstalleer – twee elk in Bothwell-, King Edward- en Simmerstraat – om noodsaaklike infrastruktuur te beskerm en beter sigbaarheid snags te verseker.

Volgens Millicent van den Heever, leier van die plaaslike buurtwag, is die ligprojek “noodsaaklik vir ons dorp se veiligheid en beskerming van infrastruktuur”.

Benewens die beligting het die tak ook sowat 85 000 m² gras gesny, insluitend die hele begraafplaas, en die dorp se strate skoongemaak.

AfriForum-span sny gras en doen instandhouding by Chrissiesmeer se begraafplaas.
Die hele begraafplaas, wat amper 15 000 vierkante meter beslaan, se gras is kort gesny en instandhouding is gedoen.

“Ons fokus hard daarop om te verseker dat Chrissiesmeer netjies en aantreklik bly, veral vir besoekers,” het Van den Heever gesê.

Danksy AfriForum se asdromprojek is 79 sakke rommel gedurende September verwyder, wat die totaal vir 2025 op 389 sakke bring.

Lees meer hieroor in die gedrukte uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button