Local newsUpdate

OPVOLG – Nuwe inligting oor ander beseerdes in Ermelo-botsing

Die bestuurder het haar heup gebreek, en ’n vierjarige seun wat saam met haar gery het, is vir ’n harsingskudding behandel.

ERMELO – Die Hoëvelder het intussen bevestiging ontvang dat die insittendes van die ander voertuig, wat op Vrydag 14 November in ‘n kop-aan-kop botsing buite Ermelo op die Amersfoortpad betrokke was, ook in die botsing beseer is.

Die bestuurder het haar heup gebreek, en ’n vierjarige seun wat saam met haar gery het, is vir harsingskudding behandel.

Distant view of a head-on collision on the N11 near Ermelo, showing wrecked vehicles and the roadway.
Die wrakstukke ná ’n kop-aan-kop botsing op die N11 buite Ermelo Vrydagmiddag.

Dit kon nie vasgestel word of hulle steeds in die hospitaal is nie.

Volgens kaptein Carla Prinsloo, polisiewoordvoerder ondersoek die polisie ’n saak van strafbare manslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button