VIDEO – Klasmaatjies en ouers bid vir Roané en haar gesin
Die skool en ouersgemeenskap moedig die publiek aan om steeds die familie in hul gebede te hou.
ERMELO – Die gemeenskap het vroeër vandag by Rosy se Kleuterskool bymekaargekom om vir die vierjarige Roané en haar gesin te bid ná die tragiese motorongeluk verlede Vrydag.
Haar klasmaats het by die geleentheid aangesluit en ook vir haar gebid.
Die skool en ouersgemeenskap moedig die publiek aan om steeds die familie in hul gebede te hou.
Die lewenslustige vierjarige Roané is tans in die pediatriese trauma-eenheid van Netcare Alberton, waar sy behandel word vir ernstige beserings.
Om Roané se ma te help met die enorme finansiële en logistieke koste wat die beproewing meebring, is ’n trustfonds vir die gesin geopen by Pas Prokureurs.

’n Bewysbrief van PAS Prokureurs bevestig dat ’n trustfonds vir Roané Griffin op 17 November geopen is om haar mediese behandeling en noodsaaklike uitgawes te help dek ná die ernstige motorongeluk.
Die besonderhede vir enige iemand wat donasies wil maak, is as volg:
Rekeningnaam: Pieter Stoffberg Inc Trust
Bank: FNB Ermelo
Rekeningtipe: Trustrekening
Tak-kode: 270344
Rekeningnommer: 62092150326
Verwysing: ROA7/1
Alle donasies word in ’n geregistreerde trustrekening gehou, word deursigtig bestuur deur PAS Prokureurs en sal uitsluitlik vir Roané se mediese behandeling en verwante uitgawes gebruik word.
Roané, wat veelvuldige frakture en ernstige interne beserings opgedoen het, word in ’n gespesialiseerde pediatriese trauma-eenheid behandel.
Die fonds word kosteloos deur die firma bestuur en alle skenkings word uitsluitlik vir haar sorg en herstel aangewend. Die publiek kan bydraes tot die trust maak om die gesin, veral haar ma, in hierdie moeilike tyd te ondersteun.
Ermelo Outreach verkoop Kerrie & Rys vir slegs R30 elk om geld in te samel.
Bestellings sluit om 13:00 op Donderdag, 20 November 2025, en die etes sal op Vrydag, 21 November 2025, afgelewer word.
Vir Bestellings kontak Marelize Kirk op 076 489 7895 of Chantal Boonstra op 072 460 1654.



