Local news

Minibus en voertuig bots by Oosthuise- en Cemetery-aansluiting in Ermelo

Twee voertuie het by die Oosthuise- en Cemetery-aansluiting gebots, maar geen ernstige beserings is aangemeld nie.

ERMELO – Twee voertuie was oomblikke gelede in ’n botsing betrokke by die Oosthuise- en Cemetery-aansluiting.

Volgens voorlopige inligting is niemand ernstig beseer nie, hoewel beide voertuie skade opgedoen het.

’n Minibus wat skade opgedoen het ná ’n botsing by die Oosthuise- en Cemetery-aansluiting in Ermelo.
Die minibus wat by die botsing by die Oosthuise- en Cemetery-aansluiting betrokke was. Foto: Wayne van der Walt

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie vasgestel nie. Verkeer vloei steeds in die omgewing siende albei voertuie op die sypaadjie parkeer het.

Sesha en Ermelo Insleepdienste was op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button