VIDEO – Roané maak oë oop en reageer beter terwyl mamma gesels
Inwoners word aangemoedig om geel te dra, as 'n simbool van die oortuiging dat God Roané se vreugde ten volle sal herstel.
Die Ermelo-gemeenskap word genooi om op Woensdag, 10 Desember, bymekaar te kom om te bid vir die vierjarige Roané Griffin, wie se steeds in die gespesialiseerde pediatriese trauma-eenheid by Netcare Alberton is.
Haar ma, Douwlene het op 4 Desember, gedeel dat die mediese span bevestig het dat daar moontlike breinskade is.
Die dokters het ‘n MRI geskeduleer vir Woensdag om die volle omvang van die skade te bepaal.
Die familie is egter vol hoop en geloof en glo dat geen wonderwerk by God onmoontlik is nie.
“Sy is so lief vir speel, lag, hardloop en sing. Ons smeek en spreek lewe oor haar brein,” het haar ma gesê.
Twee afsonderlike gebedsbyeenkomste is gereël om soveel moontlik mense die kans te gee om deel te neem:
- Oggend: 07:30 by Rosy’s se speelgroep, Family Life Church, De Bruinstraat.
- Middag: 13:15 by NG Ermelo Moedergemeente, Joubertstraat.
Inwoners word aangemoedig om geel te dra tydens die gebedsgeleenthede.
Vir enige navrae, kontak asseblief vir Veronica Wahlstrand op 083 346 4762.



