Camdenlaan in Ermelo toon padverval en diensleweringsversuim
Politieke spanning bou op ná bewerings van ernstige diensleweringsversuim in Msukaligwa se padnetwerk.
’n Gevaarlike situasie in Camdenlaan, Ermelo het kommer oor padveiligheid en munisipale dienslewering na vore gebring.
Twee lede van die publiek het glo probeer om slaggate met sand te vul en bourommel in die ryvlak geplaas om verkeer te “reguleer” in ruil vir geld.
Die polisie is ontbied en die persone is van die toneel verwyder.

Die voorval beklemtoon volgens die Vryheidsfront Plus PR-raadslid, Shobie Arnoldi, die verval van infrastruktuur in Msukaligwa, met Camdenlaan wat as ’n belangrike skakel na die N17 en Morgenzon dien.
Swak instandhouding en swaar vragmotorverkeer word as bydraende faktore genoem.
Die VF Plus het reeds herhaaldelik gewaarsku oor die toestand van die padnetwerk en beweer dat munisipale optrede onvoldoende is.
Lees meer hieroor in die Hoëvelder se gedrukte weergawe.



