Local news
Ermelo-manneontbyt fokus op roeping en bemoediging
’n Oggendbyeenkoms in Ermelo bring mans saam vir bemoediging, gesprek en geestelike fokus op hul daaglikse roeping.
’n Spesiale manneontbyt, word op 15 Mei om 07:30 by die Perdekraal Wedding Venue in Amersfoortweg, Ermelo aangebied.
Die geleentheid fokus op bemoediging, geestelike versterking en die rol van mans in ’n veranderende samelewing.
Onder die tema “Geroep vir vandag… vorentoe!” word mans genooi vir ’n oggend van inspirasie en hernude fokus op roeping en verantwoordelikheid.
Gasspreker Hannes Noëth sal die boodskap van die dag bring.
Die byeenkoms beoog om ’n ruimte te skep waar mans hul rol in gemeenskappe kan heroorweeg en versterking vir die toekoms kan vind.
Navrae kan gerig word aan Carel-Gert Steenkamp by 082 393 0737.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



