Community galleriesLocal news

Ermelo Fotoklub kondig April-wenners aan

Die wenner van die 2-sterafdeling was Leahanna van der Merwe met haar foto, ‘Light waves’ en Phillip Breedt se ‘Henta Pan’ het die 3-sterafdeling gewen.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub-lede het op 10 April hul maandelikse klubaand aangebied.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was ‘After Dark’, en die lede het pragtige foto’s daarvoor ingeskryf.

JW Koekemoer se foto, ‘Horizon fire’, het die juniorafdeling gewen, en Leon Drotsky se ‘Versigting nader kom’, die seniorafdeling.

In die opeafdeling is Karlien Grobler se foto, ‘Skapie’, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.

Die wenner van die 2-sterafdeling was Leahanna van der Merwe met haar foto, ‘Light waves’ en Phillip Breedt se ‘Henta Pan’ het die 3-sterafdeling gewen.

Dirkie van Staden se foto, ‘Maastricht Kanaal Foto’.

Van der Merwe se foto was ook aangewys as die algehele wenner van die juniorafdeling.

In die 4-sterafdeling het Dirkie van Staden se ‘Maastricht Kanaal Foto’ gewen en Hardus Pieters se ‘Wyfie les haar dors’, was die wenner van die 5-sterafdeling.

Pieters se foto was ook die algehele wenner van die seniorafdeling.

Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp.

Die volgende vergadering sal op 8 Mei plaasvind. Indien jy wil aansluit, stuur ’n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button