Local news
Errie-danser skitter op internasionale verhoog
Mieke Smal het Suid-Afrika verteenwoordig tydens die DTMA Galaxy of the Oceans Championships, wat aan boord van die MSC Opera plaasgevind het.
’n Jong danser van Hoërskool Ermelo het onlangs haar merk op die internasionale verhoog gemaak.
Mieke Smal het Suid-Afrika verteenwoordig tydens die DTMA Galaxy of the Oceans Championships, wat aan boord van die MSC Opera plaasgevind het.
Sy het in die afdeling vir kontemporêre dans vir dogters tussen 13 en 14 jaar deelgeneem en ’n punt van 77% behaal, wat haar die derde plek in haar kategorie besorg het.
Die kompetisie het deelnemers van verskeie lande gelok en bied jong dansers die geleentheid om hul talent op ’n internasionale platform te wys en waardevolle ervaring op te doen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!