Local news
Bejaarde moeders by SAVF Huis Ermelo ontvang soet verrassing
Bejaarde inwoners van SAVF Huis Ermelo is bederf toe 72 kolwyntjies spesiaal vir Moedersdag oorhandig is
Theressa van der Walt van die Ermelo Toyota Knights het op 10 Mei ’n spesiale Moedersdaggebaar aan inwoners van SAVF Huis Ermelo gemaak toe sy 72 tuisgebakte kolwyntjies aan bejaarde moeders oorhandig het.
Die lekkernye is vooraf gebak om inwoners op ’n besondere manier te bederf en hul Moedersdag ekstra spesiaal te maak.
Die inwoners het die gebaar met groot waardering ontvang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



