Ermelo Fotoklub kondig Mei-wenners aan
Fotograwe het hul kreatiwiteit laat skitter tydens Mei se kompetisie, terwyl die “After Dark”-tema reeds deelnemers voorberei vir die komende NEP-kongres.
ERMELO – Die Ermelo Fotoklub-lede het op 8 Mei hul maandelikse klubaand aangebied.
Die vasgestelde onderwerp vir die maand was ‘After Dark’, ter voorbereiding vir die komende NEP-kongres. en die lede het pragtige foto’s daarvoor ingeskryf.
Judy Cronje se ‘Urban’, het die juniorafdeling gewen, en Leon Drotsky se ‘Gothic church towers on square’, die seniorafdeling.
In die opeafdeling is Minnette Kruger se foto, ‘Pers Blommetjies’, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.
Die wenner van die 2-sterafdeling was Kyla Eksteen met haar foto, ‘Sleepy flies’ en Phillip Breedt se ‘Thats the one’ het die 3-sterafdeling gewen.
Eksteen se foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.
In die 4-sterafdeling het Jan Ellis se ‘Coloured Globe’ gewen en Leon Drotsky se ‘Greek Towers’, was die wenner van die 5-sterafdeling.
Drotsky se foto was ook die algehele wenner van die seniorafdeling.
Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp.
Die volgende vergadering sal op 12 Junie plaasvind. Indien jy by die klub wil aansluit, stuur ’n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.



