Local news

Mnr. en Mej. Errie 2026 wenners gekroon tydens glansaand

Hannu Horn is as Mnr. Errie 2026 gekroon, terwyl Elri Fourie die titel van Mej. Errie 2026 ontvang het.

ERMELO – Hoërskool Ermelo het op 13 Mei hul jaarlikse Mnr. en Mej. Errie 2026-kompetisie in die skool se ouditorium aangebied, waar leerders tydens ’n glansaand met ’n rolprenttema meegeding het.

Die aand was gevul met opwinding, kreatiewe uitbeeldings van bekende films en besondere oomblikke op die verhoog.

Deelnemers het elk ’n spesifieke rolprenttema verteenwoordig, wat bygedra het tot die feestelike atmosfeer van die geleentheid.

Hannu Horn is as Mnr. Errie 2026 gekroon, terwyl Elri Fourie die titel van Mej. Errie 2026 ontvang het.

Janus Coetzee is as eerste prins aangewys en Willem Jacobsz as tweede prins.

Isabella Bester is as eerste prinses gekroon, met Wanja Smith as tweede prinses.

Die spesiale toekennings van die aand het gegaan aan HJ Vosloo as Mnr. Fotogenies en Sinothile Phiri as Mej. Fotogenies.

Christo Coetzee het die titel vir Beste Film ontvang met sy keuse van Rocky Balboa, terwyl Janeske van Rensburg wie prinses Merida van die film Brave, voorgestel het, as Beste Karakter aangewys is.

Carel Hancke is benoem as Mnr. Persoonlikheid en Aletha Kloppers as Mej. Persoonlikheid.

Organiseerders het die wenners gelukgewens en hulle aangemoedig om gedurende die kwartaal goeie rolmodelle vir die Erries te wees en hul titels met trots te dra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button