Local news
Boere Dankdag word by Laerskool JJ van der Merwe gehou
Die Boere Dankdag op 7 Junie by Laerskool JJ van der Merwe bring die gemeenskap byeen vir ’n middag van gebed en danksegging. Hekke open reeds om 13:00.
ERMELO – Die gemeenskap word uitgenooi na ’n Boere Dankdag wat op 7 Junie by Laerskool JJ van der Merwe aangebied word, met die fokus op dankbaarheid vir God se voorsiening en seën.
Die byeenkoms vind plaas vanaf 14:00 tot 15:00, terwyl die hekke reeds om 13:00 open.
Besoekers sal met koffie en verversings verwelkom word voordat die verrigtinge begin.
Die tema van die dag is gegrond op 1 Timoteus 2:1-5, wat die belangrikheid van gebed, danksegging en voorbidding beklemtoon.
Vir meer inligting kontak Dawid Swanepoel by 082 780 0121.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



