Local news

Ermelo bring hulde aan toegewyde opvoeder

'n Toewydige opvoeder, liefdevolle ma en gerespekteerde kollega laat 'n blywende impak agter op ontelbare lewens.

ERMELO – Die gemeenskap van Ermelo treur oor die afsterwe van Hannemie Moolman, geliefde onderwyseres van Ermelo English Primary School (EEPS), wat op 8 Junie oorlede is.

Sy word onthou as ’n passievolle opvoeder, toegewyde ma en vriendin wat ’n blywende indruk op die lewens van talle kinders en volwassenes gelaat het.

Hannemie Moolman, née Roux, is op 3 Oktober 1969 in Evander gebore en het haar lewe aan onderwys gewy.

Sy was bekend vir haar liefde vir kinders en die besondere manier waarop sy haar leerders soos haar eie kinders behandel het.

Volgens haar dogter, Iné, het sy ’n groot verskil in die lewens van baie jongmense gemaak.

“Sy was nie daar net om ’n salaris te trek nie. Sy wou ’n verskil in leerders se lewens maak,” het Iné gesê.

Iné vertel dat wanneer pouse verby was, sy haar leerders telke male met die woorde “Kom my lovies” verwelkom het.

Haar laaste jare in die onderwys was by EEPS, waar haar borrelende persoonlikheid haar geliefd gemaak het onder kollegas en leerders.

Sy was ook ’n toegewyde ma vir haar twee kinders, Iné en Wuco, wat haar grootste trots was.

Huldeblyke het van familie, vriende, kollegas en oudleerders ingestroom.

Hannemie word onthou as ’n vrou wat haar lewe met oorgawe geleef het, altyd die positiewe raakgesien het en ’n blywende nalatenskap nagelaat het in die talle kinders wat sy oor die jare onder haar vlerk geneem het.

Iné het gesê: “Mamma, mams, moeder. My woorde is min vir alles wat ek wil sê. Want wát ek nie sal gee om mamma nog hier by my op aarde te hê nie. Ons was altyd mamma se ‘Angel Face’, nou is mamma óns ‘Angel Face’.”

Lees meer oor hierdie herinneringe en huldeblyke in die Hoëvelder se gedrukte uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button