Local news
Ermelo-gemeenskap skenk 44 handdoeke aan Annebel se jong dogters
Die gemeenskap het vinnig saamgestaan om seker te maak elke Annebel-dogter ontvang 'n nuwe handdoek.
ERMELO – Die Ermelo-gemeenskap het vinnig op Saretha Ferns, stigter en plaaslike bestuurder van die Annebel-projek se beroep gereageer om 44 handdoeke vir die Annebel-projek te skenk.
Danksy die oorweldigende ondersteuning is die doelwit vinnig bereik.

“My hart is so dankbaar vir mooi harte!” het Ferns gesê nadat al 44 handdoeke ingesamel is.
Die handdoeke sal aan die 44 dogters oorhandig word wat deur die Annebel-projek ondersteun word. F
erns het elke persoon bedank wat gehelp het om van die inisiatief ’n sukses te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



