Local news

Erries pronk met toneeltalent

Die Erries het met hul produksies Tweeling en Somnium aan die fees deelgeneem en verskeie toekennings vir onder meer regie, verhoogbestuur, tegniese werk, stelontwerp, kostuums en spel ontvang.

Hoërskool Ermelo se toneelseisoen het op 22 Julie afgeskop toe die skool se toneelgroepe aan Pronk Podium by HTS Witbank deelgeneem het.

Die Erries het met hul produksies Tweeling en Somnium aan die fees deelgeneem en verskeie toekennings vir onder meer regie, verhoogbestuur, tegniese werk, stelontwerp, kostuums en spel ontvang.

Tweeling het bronsmedaljes ontvang vir plakkaatontwerp, stelontwerp, kostuums, beligtingsoperasie, klankbaan en klankoperasie. Isabelle Bester het ’n silwermedalje vir verhoogbestuur ontvang.



Die produksie Somnium het ook bronsmedaljes vir teks, regie, choreografie, kostuums, grimering en stelontwerp ontvang.

Dit het ook silwermedaljes vir plakkaatontwerp, beligtingsoperasie, beligtingsontwerp, klankoperasie, klankontwerp en verhoogbestuur verower.

Die Somnium-ensemble, bestaande uit An-Euné van Niekerk, Mia van Deventer, Janeske Jansen van Rensburg, Roné Venter, Kara McKenzie, Lianke Obermeyer en Franco Gibbens, het ’n silwermedalje ontvang.

Franco Gibbens het ook ’n silwer toekenning vir individuele spel gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button