Ligbron-fotograwe onder Suid-Afrika se top jeugfotograwe
Ermelo se jong fotografie-talente het nasionale én internasionale erkenning vir hul besonderse werk ontvang.
Twee Ligbron-fotograwe is tydens die Photographic Society of South Africa (PSSA) se nasionale prysuitdeling as van Suid-Afrika se beste jeugfotograwe erken.
Kyla Eksteen het die derde plek onder die land se top tien-jeugfotograwe behaal.
Haar spesialiteit is makrofotografie, met haar insekfoto’s wat die afgelope twee jaar verskeie nasionale en internasionale pryse verower het.

Bianca Breytenbach het die sewende plek behaal.
Sy is bekend vir haar sport- en natuurfotografie, wat haar ook reeds nasionale en internasionale erkenning besorg het.

Foto’s deur Eksteen, Breytenbach en JW Koekemoer is verder gekies vir ’n uitstalling van Suid-Afrika se 33 beste jeugfotograwe.

Die uitstalling is tot die einde van die jaar by die Pioniersentrum te sien.
Die Ermelo-fotoklub se jeugafdeling is ook as die nommer-een-jeugklub in Suid-Afrika aangewys en het ’n tweede plek internasionaal behaal.
Lees meer oor die Ermelo-fotoklub se ondersteuning van die jong fotograwe in die Hoëvelder se gedrukte uitgawe.



