Ligbron kroon Mnr. en Mej. Liggie 2026
RW Beyleveld en Andisiwe Mbuli is tydens Ligbron se Fire & Ice-aand as Mnr. en Mej. Liggie aangewys.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se jaarlikse Mnr. en Mej. Liggie is op 6 Augustus in die skoolsaal aangebied, met vanjaar se tema “Fire & Ice”.
RW Beyleveld is as Mnr. Liggie aangewys, terwyl Andisiwe Mbuli die titel van Mej. Liggie verower het.
Nihann Starbuck is as Mnr. Persoonlikheid aangewys en Miné Botha as Mej. Persoonlikheid.
Barend Olivier is as eerste prins aangewys, met Helena Myburgh as eerste prinses.

Die titels van Mnr. en Mej. Fotogenies het aan onderskeidelik Divan Engelbrecht en Michaela Dos Reis gegaan.
Attie Kotze is as tweede prins aangewys, terwyl Nomhle Mdiya as tweede prinses gekroon is.
Jeanine Potgieter het die toekenning vir beste kaartjieverkope ontvang.
Die gaskunstenaar vir die geleentheid was Nastassja Kriel, ’n entrepreneur, motiveringspreker, aanbieder en inhoudskepper wat bekend is vir haar kreatiewe bemarkingsvideo’s op Facebook, Instagram en TikTok.

Kriel en haar man, Jaco, reis deur Suid-Afrika met die JK6-inisiatief, waarmee hulle skole besoek om jongmense te inspireer en aan te moedig om groot te droom.



