Errie-skuts wen streekskompetisie
Hoërskool Ermelo se skuts is as die streekswenners in Morgenzon gekroon.
Hoërskool Ermelo se skuts is tydens die streekskompetisie wat op Morgenzon plaasgevind, as die wenners gekroon.
Die Errie-skuts en hul tellings, is Dehandri Morkel (1 372), Pieter de Beer (1 357), Altus Boshoff (1 297), Marla de Jager (1 239), Elrize du Preez (1 128) en Jessica Ashmead (1 081).
Altus het ook sy persoonlike beste telling geskiet.
Die twee laerskoolleerders wat deel van die Erriespan was, is Reinhardt de Beer (1 093) en Danie Geldenhuys (1 067).
Danie het sy persoonlike beste telling geskiet.
“Baie geluk aan die skuts met kolskoottellings en die oorwinning van die streekskompetisie. EHS is trots op elkeen,” het die hoof, Pieter Grobler, gesê.



