Ermelo Warriors speel teen Bethal Bears
Ermelo Warriors het 178 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in hul toegelate 50 beurte aangeteken.
Bethal Bears het op 17 Januarie die Ermelo Warriors Krieketspan tydens hulle laaste Premier Liga-wedstryd op Ligbron se krieketveld geklop.
Bethal Bears het die loot gewen en besluit dat die Warriors eerste kolf.
Ermelo Warriors het 178 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in hul toegelate 50 beurte aangeteken.
Lees ook: Eerste provinsiale Chinese 8-balkampioenskap word aangebied
Retief van der Walt met 48 lopies en Drian Swart met 24 lopies is as die beste kolwers aangewys en Drian Swart ook as die beste bouler van Ermelo se krieketspan.
Bethal het tydens hul kolfbeurt Ermelo se telling in die 33ste beurt verbeter en het die wedstryd gewen.
Johann Stadler van Bethal Bears het 117 lopies van slegs 84 balle aangeteken.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter



