Local sportSport

Laeveld Jagtersvereniging bied eerste langgeweerskietdag by Klipfontein-skietbaan aan

’n Totaal van 13 skuts het die dag aangedurf.

Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het op 20 Januarie hul eerste langgeweerskietdag by Klipfontein-skietbaan op die Amersfoort-pad aangebied.

’n Totaal van 13 skuts het die dag aangedurf.

Die algehele wenners was Kiewiet Wolfaardt met 121 punte, gevolg deur Daniel Slabber met 117 punte, met PC Ackermann kort op sy hakke met 115 punte.

Ander uitslae was:

Seniors

Mans

Kiewiet Wolfaardt – 121 punte, Daniel Slabber – 117 punte, Conrad Groenewald – 75 punte, Nico Uys – 49 punte, RE Stander – 42 punte, Ernst Fourie – 42 punte, Riaan Neethling – 36 punte en Willie Fourie – 20 punte.

Vroue

Marlize Wolfaart – 84 punte en Christelle Neethling – 39 punte.

Veterane

Mans

PC Ackerman – 115 punte, Costas Klonaris – 25 punte en Sagrys Celliers – 20 punte.

Juniors

Joel Slabber- 102 punte en Nico Slabber – 61 punte.

Die LJV sal hul volgende langgeweerskietdag op 3 Februarie aanbied.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button