Local sportSport

Ligbron-atlete vaar goed tydens eerste byeenkoms

Volgens Ligbron personeel het die byeenkoms het in goeie gees plaasgevind en het ook as die finale uitdunne vir die Liggies gedien nadat die Interhuis op Dinsdag 23 Januarie weens die reën afgestel is.

Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoër Tegniese Skool Middelburg (HTS Middelburg) se atlete het op Vrydag, 26 Januarie op Middelburg se velde tydens ’n vriendskaplike byeenkoms meegeding.

Volgens Ligbron personeel het die byeenkoms het in goeie gees plaasgevind en het ook as die finale uitdunne vir die Liggies gedien nadat die Interhuis op Dinsdag 23 Januarie weens die reën afgestel is.

Die volgende Liggie-atlete het eerste plekke in hul onderskeie items opgelewer:

0/14-groep – Cuara Deysel (verspring), Jacolien du Preez (300m hekkies en spiesgooi), Dylan Roodt (hoogspring) en Siyabonga Nkosi (100m).

Lees ook: Nuwe personeel sluit by die Ligbron-span aan

0/15-groep – Carla Niebuhr (werpskyf, spiesgooi en gewigstoot), Munashe Dukuswa (hoogspring, verspring), Sias Jacobs (werpskyf en gewigstoot), Martin Meyer (100m hekkies) en Kwanele Nkambule (200m en 100m).

0/16 -groep – Megan Herbst (200m), JP Louw (gewigstoot) en Thomas Labuscagne (400m en 100m).

0/17- groep – Kemaine Venter (800m), Mikyla le Roux (gewigstoot en werpskyf), Marisca Stander (100m hekkies), Bianca Francis (200m en 400m), Hlali Sibanyoni (verspring en 100m), Charl du Toit (hoogspring) en Alec Duncan (200m, 400m en 100m).

In die 0/19-ouderdomsafdeling het die volgende atlete goue medaljes ontvang:

Njabulo Mahlobo in verspring en 200m, Jan-Hendrik Geldenhuys in spiesgooi, Arno van der Merwe vir driesprong en Philani Zwane in die 100m wedloop.

Die Liggies sal op Vrydag, 2 Februarie in eMalahleni (Witbank) by HTS Witbank aan ’n vriendskaplike middag/aand-byeenkoms deelneem.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button