Local sportSport

Potbalspelers veg hard by SA-kampioenskap

Charles Wahlstrand het die beste van die Mpumalanga mans gevaar en moes in die kwarteindronde van die enkelsafdeling in ’n naelbytstryd die spit afbyt.

Die Swart-bal Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir mans en meesters het vanaf 26 Januarie tot 2 Februarie by Carnival City in Brakpan plaasgevind.

Vier potbalspelers van Ermelo was deel van die twee spanne wat die byeenkoms bygewoon het.

Willie Jooste het aan die meestersafdeling deelgeneem en hul span het 12de geëindig.

Dié afdeling bestaan slegs uit spelers bo die ouderdom van 50-jaar.

Lees ook: Ermelo-potbalspelers presteer by SA’s

Solomon Makhubela het aan die sosiale afdeling deelgeneem om ondervinding op te doen.

Dié afdeling is twee jaar gelede ingestel om spelers met min of geen ondervinding die geleentheid te bied om die druk van groot kompetisie te ervaar.

Reëls werk dieselfde as by die gewone mans- of meestersafdeling.

Hein Heine, Piet Skosana en Charles Wahlstrand was deel van die Mpumalanga-mansspanne wat onderskeidelik 11de en 19de geëindig het.

Charles Wahlstrand het die beste van die Mpumalanga mans gevaar en moes in die kwarteindronde van die enkelsafdeling in ’n naelbytstryd die spit afbyt.

Abdul Gani van Carolina wat tans vir Gringo’s Klub op Hendrina speel, het die sosiale afdeling gewen.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button