Local sportSport

Ligbron atlete verbeter hul tye tydens vriendskaplike atletiekbyeenkoms

Die Liggies het goeie prestasies behaal en verskeie atlete het hulle persoonlike beste tye verbeter.

Die atletiekspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Vrydag, 2 Februarie, aan ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem wat deur HTS Witbank aangebied is.

Ligbron, HTS Witbank, HTS Middelburg, Nelspruit Curro, Cambridge en Hoërskool Rob Ferreira het meegeding.

Die Liggies het goeie prestasies behaal en verskeie atlete het hulle persoonlike beste tye verbeter.

Die volgende atlete het vir eerste plekke in hulle onderskeie items gesorg:

0/14 – Jacolien du Preez (spiesgooi) en Dylan Roodt (hoogspring)

0/15 – Carla Niebuhr (spiesgooi), Munashe Dukuswa (hoogspring), Kwanele Nkambule (verspring) en Sias Jacobs (werpskyf)

0/16 – Megan Herbst (200m)

0/17 – Marisca Stander (100m hekkies), Mikyla le Roux (gewigstoot en werpskyf) en Alec Duncan (400m)

0/19 – Njabulo Mahlobo (verspring).

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button