Local sportSport

Skietdag ’n sukses

Elke skut het slegs 15 langgeweer-rondes, 15 .22-rondes en 10 haelgeweer-rondtes gehad waarmee hulle punte bymekaar kon maak.

Laeveld Jagtersvereniging (LJV) het op 3 Februarie ’n langgeweerskietdag by Klipfontein-skietbaan op die Amersfoort-pad aangebied.

’n Totaal van 22 skuts het dié skietdag aangedurf.

Elke skut het slegs 15 langgeweer-rondes, 15 .22-rondes en 10 haelgeweer-rondtes gehad waarmee hulle punte bymekaar kon maak.

Die algehele wenner van die dag was Kiewiet Wolfaart met 136 punte, gevolg deur Marlize Wolfaart met 11 punte en kort op haar hakke was J de Beer met 92 punte.

Ander uitslae was:

In die vroue-afdeling het Marlize Wolfaart met 11 punte as die wenner wegestap, René de Beer was met 76 punte in die tweede plek en Christelle Neethling met 64 punte in die derde plek.

Danie Roos was met 73 punte onoorwonne in die veterane-mansafdeling, met PC Ackerman tweede met 59 punte en Lourens Greyling derde met 42 punte.

In die juniorafdeling het Chris de Beer in die eerste plek met 62 punte geëindig, gevolg deur Nico Slabber met 59 punte en Joel Slabber met 49 punte.

Die LJV sal hul volgende langgeweerskietdag op 17 Maart aanbied.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button