Local sportSport
EHS gholfdag lok baie spelers
Meyer Mentz en Marius Botha was die wenners van EHS se gholfdag wat verlede Saterdag op Ermelo se baan plaasgevind het.
Meyer Mentz en Marius Botha was die wenners van EHS se gholfdag wat verlede Saterdag op Ermelo se baan plaasgevind het.
B Kriel en H Potgieter was tweede, met Daniël Mulder en Vosjan Grey in die derde en Hardus Rothman en Hans Greyling in die vierde plek.
Rudy Boonstra was vyfde en Damian Morgan sesde.
Altesaam 156 spelers het ingeskryf.
Naaste aan die pen-pryse het gegaan aan André Steyn op die vierde putjie, Marius Botha op die sesde, Sheldon du Preez op die 14de en Eddie Daniel op die 16de putjie.
Die Mercedes Benz Gholfdag sal op Vrydag, 2 Maart plaasvind en die baan sal vir sosiale spel gesluit wees.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



