Sport

Koue weer skrik nie korfbalspelers af nie

Korfbalspelers durf koue weer aan tydens die twee ronde van die seisoen.

Die Gert-Sibande streek het op Saterdag, 17 Maart in die tweede ronde van die korfbal-liga by die AJ Swanepoel Stadion se baan meegeding.

Slegs vroue-spanne van Ermelo, Mkhondo (Piet Retief) en Sasol Secunda het deelgeneem.

Die koue weer het dié spanne nie afgeskrik nie en al die wedstryde het plaasgevind.

Lees ook: Charles wen die Snoekerkampioenskappe

Ermelo se vroue B-span het die wedstryd teen Sasol se B-span oorheers en met 36 – 24 gewen.

Mkhondo het Sasol A met 38 – 26 en Ermelo se vroue A-span Mkhondo met 36 – 24 geklop.

Die volgende wedstryde vind voorlopig op 14 April op Ermelo plaas.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button