Herman wen Ermelo Hengelklub se hengelkompetisie vir seniors
Altesaam 27 hengelaars het hengelkompetise by Ons Pan bygewoon en saam 365 visse vasgekap.
Ermelo Hengelklub het Sondag, 6 Mei hul maandelikse hengelkompetisie by Ons Pan buite Ermelo aangebied.
Altesaam 27 hengelaars het deelgeneem en 365 visse is ingeweeg met ’n massa van 163,03kg.
Die grootste karp is deur Tersia Oosthuizen met ’n gewig van 2,330kg vasgekap.
Die uitslae in die seniorafdeling is:
In die eerste plek is Hermann Fourie met 45 visse met ’n gewig van 19,810kg. Die tweede plek is toegeken aan Dries Smit met 28 visse met ’n gewig van 13,630kg en in die derde plek is Johan Smit met 24 visse met ’n gewig van 9,555kg.

Daarna volg Charlie Groenewald met 24 visse (9,415kg), Jaco Oosthuizen met 17 visse (7,965kg), Wicus du Plooy met 18 visse (6,390kg), Albert Stoop met 14 visse (5,605kg), Rynhard Oosthuizen met agt visse (7,125kg), Adriaan Labuschange met 10 visse (4,115kg), Gideon Broodryk met sewe visse (3,395kg), André Oosthuizen met nege visse (4,080kg) en Hennie Oosthuizen met sewe visse (4,330kg).
Stephnie Oosthuizen het die vroue-afdeling gewen met 15 visse met ’n gewig van 7,375kg, gevolg deur Evette Groenewald met nege visse met ’n gewig van 6,545kg en Tersia Oosthuizen in die derde plek met vyf visse met ’n gewig van 3,960kg.
In die vierde plek is Alice Smit met ses visse (2,800kg), Delina Smit met vyf visse (2,620kg) in die vyfde plek en Samantha Blu Venter in die sesde plek met een vis (0,645kg).
Rohan Broodryk met 24 visse en ’n gewig van 13,030kg het die juniors 0/19-afdeling gewen, gevolg deur Rhyno Swartz in die tweede plek met 20 visse met ’n gewig van 7,405kg.

Alexander Labuschagne met vyf visse en ’n gewig van 2,785kg het die juniors 0/13-afdeling gewen.
Kort op sy hakke is Deandre Smit met vyf visse met ’n gewig van 2,630kg in die tweede plek.
Vir navrae oor die hengelklub, skakel Evette Groenewald by 082 463 9960 of Dries Smit by 071 684 6725.



