Potbalspelers van Ermelo vaar goed tydens die derde ronde van die 8-bal liga
Die liga se punte per spelers sal later vanjaar gebruik word om te bepaal watter spelers vir die proewe kwalifiseer
Die agtballiga het onlangs by verskeie potbalklubs in die omgewing afgeskop.
Die derde ronde van die liga het Sondag, 8 Julie by Full Moon Cue Sport Klub op Ermelo plaasgevind.
Elke span bestaan uit vyf spelers wat teen al vyf spelers van elke span moet speel om punte vir die span bymekaar te maak.
Die liga se punte per spelers sal later vanjaar gebruik word om te bepaal watter spelers vir die proewe kwalifiseer.
Die Suid-Afrikaanse Opekampionskap vind vanaf 7 tot 10 Oktober plaas.
Die uitslae vir die Full Moon span is: Full Moon het op 20 Mei teen Cathalinoz A te staan gekom en die wedstryd 16-9 gewen.
Hulle het daarna teen Pinkies W gespeel en 10-15 verloor. Craig Houden, Willie Jooste en Jaco Vermeulen het elkeen ses uit 10 wedstryde vir die dag gewen.
Die volgende wedstryde het op 17 Junie plaasgevind en na ’n tawwe stryd, het Full Moon 12-13 verloor. Leon Pieterse het nege uit 10 wedstryde vir die dag gewen.
Die span van Full Moon het die afgelope naweek teen Bro’s A te staan gekom en die wedstryd 9-16 verloor, maar terug baklei teen Knight A en die span 16-9 geklop.
Spelers wat besonder goed gevaar het, is Leon Pieterse wat ses uit 10 wedstryde gewen het.
Henk Vermeulen, Marius Vermeulen en Jaco Vermeulen het elkeen vyf uit 10 wedstryde gewen.
Die volgende wedstryde vind op 29 Julie plaas.
Die klub nooi die gemeenskap om hulle by Ermelo Gholfklub op die Hendrina-pad te gaan ondersteun.

https://highvelder.co.za/58954/potbalspelers-veg-hard-by-sa-kampioenskap/



