Local sportSport

Rietboktak se skuts laat die koeëls vlieg tydens skietdag op Vlakfonteinskietbaan buite Ermelo

Daar is drie bane vir die skuts opgestel wat elkeen uit teikens en gyselaars wat die skuts teen tyd moes voltooi, bestaan het.

Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak het Saterdag, 14 Julie ’n drie-geweer pretskietdag aangebied.

Die skietdag het by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind. Daar is drie bane vir die skuts opgestel wat elkeen uit teikens en gyselaars wat die skuts teen tyd moes voltooi, bestaan het.

Die uitslae vir die dag is:

In die pistoolafdeling is Charles Robberts as die veteraanwenner aangewys, met Steve Rautenbach in die tweede plek. In die senior mansafdeling is Dave Harris (snr) in die eerste plek. Christo Jacobs is in die tweede plek en Dave Harris (jnr) in die derde plek. Cecilia Beukes is as die wenner van die senior vroue-afdeling aangewys, met Cheryl Geldenhuys in die tweede plek en Christa Uys in die derde plek. Luche Geldenhuys het die junior dogtersafdeling gewen.

Dave Harris (jnr) in aksie tydens Saterdag se skietdag wat by Vlakfonteinskietbaan aangebied is.

In die haelgeweerafdeling is Roelf Botha as die veteraanwenner aangewys. Charles Robberts is in die tweede plek en Steve Rautenbach in die derde plek. Louis Geldenhuys het die senior mansafdeling gewen. Jaco Swart is in die tweede plek en Dave Harris (jnr) in die derde plek. In die senior vroue-afdeling is Cecilia Beukes in die eerste plek, Giani Swart is tweede en Christa Uys is derde.

Dave Harris (snr) is as die wenner van die senior mansafdeling in die pistoolafdeling aangewys.

Luche Geldenhuys het die junior dogtersafdeling gewen.

In die semi-outomatiese afdeling is Roelf Botha in die eerste plek, Steve Rautenbach is tweede en Charles Robberts is derde. Andrew Bekker (jnr) is die wenner van die senior mansafdeling. Christo Jacobs is tweede en Riaan Jacobs is derde. Christa Uys is die wenner van die senior vroue-afdeling, met Cecilia Beukes in die tweede plek en Giani Swart in die derde plek. Luche Geldenhuys is die wenner van die junior dogtersafdeling. Die alghele wenners vir die dag in die veterane-afdeling is Charles Robberts in die eerste plek, Steve Rautenbach in die tweede plek en Roelf Botha in die derde plek.

In die senior mansafdeling is Christo Jacobs in die eerste plek, Andrew Bekker (jnr) is in die tweede plek en Riaan Jacobs is in die derde plek. Cecilia Beukes is die algehele wenner van die senior vroue-afdeling, met Christa Uys in die tweede plek en Giani Swart in die derde plek. Luche Geldenhuys is die alghele wenner van die junior dogtersafdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button