SAJWV Rietbok-tak bied suksesvolle skietdag aan
J Wolfaardt is aangewys as die algehele wenner vir die dag en wen daarmee saam ’n vakansie in Mosambiek
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak het Saterdag, 28 Julie ’n skietdag ten bate van die Gekombineerde Skool op Hendrina aangebied.
Die kompetisie het by Vlakfonteinskietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind.
Kiewiet Wolfaardt is die algehele wenner en het ’n vakansie in Mosambiek gewen.
Die ander uitslae is: Vink Venter het die vlakvarkafdeling in die mansafdeling gewen, gevolg deur Dave Harris in die tweede plek en Pagel van Wyngaard in die derde plek.
Izél Barnett is in die eerste plek in die vroue-afdeling. Anel du Toit is in die tweede plek en Marlize Wolfaardt in die derde plek.
Dewald Müller het die juniorafdeling gewen, Zander Müller is in die tweede plek en Danie Venter is in die derde plek. GJ Swart het die kleiduiwe se mansafdeling gewen. Arnando Stapelberg is tweede en Vink Venter derde.
Izél Barnett is in die eerste plek in die vroue-afdeling, gevolg deur Marlize Wolfaardt in die tweede plek en Michelle Müller in die derde plek.
Zander Müller is die wenner van die juniorafdeling. Danie Venter is in die tweede plek en Dewald Müller in die derde plek.
In die .22-randslagafdeling is Jaco Swart die wenner van die mansafdeling, gevolg deur Arnando Stapelberg in die tweede plek en Kiewiet Wolfaardt in die derde plek.
Marlize Wolfaardt is die wenner van die vroue-afdeling, met Michelle Müller in die tweede plek en Izél Barnett in die derde plek.
In die juniorafdeling is Zander Müller aangewys as die wenner, gevolg deur Dewald Müller in die tweede plek en Danieka Stapelberg in die derde plek.
Die klub het elke skut wat die dag ondersteun het, asook die volgende borge wat die dag moontlik gemaak het, bedank: Ross Ramos Camp Mozambique, SAJWV Rietbok, Wildman, JP Scheepers-boerdery, en elke anonieme borg.
Die volgende skietdag vind Saterdag, 25 Augustus plaas.







