Local sportSport

Ermelo Rugbyklub klop eMbalebhle 36-26

Ermelo teken ses drieë aan en slaag in vier doelskoppe.

Ermelo Rugbyklub het Saterdag, 4 Augustus teen eMbalenhle Rugbyklub op Kinross te staan gekom.

Die span het die tawwe stryd met 36-26 gewen.

Volgens die afrigters is die wedstryd in goeie gees gespeel en het die Ermelo-manne kop gehou en van hul geleenthede gebruik gemaak.

Ermelo het ses drieë aangeteken en met vier doelskoppe geslaag.

Die puntemakers was Hennie de Jager (1), DC Swart (2), Wentzel Sonnekus (1), Jaco Spies (1) en Sindiswa Makobane (1). DC Swart het ook die vier doelskoppe vir die span deur die pale gesit.

Die spelers van die wedstryd was Wentzel Sonnekus en Thabo.

Die span nooi die gemeenskap om hulle op 25 Augustus tydens die halfeindstryd op die AJ Swanepoel Stadion te ondersteun.

Toegang beloop R10 per persoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button