Pan Solutions Warriors cc krieketspan oorrompel Emba op Ermelo
Henrico Jooste het uitgeblink as bouler met twee paaltjies in vier beurte, waarvan hy slegs 20 loopies afgestaan het.

Die Pan Solutions Warriors cc krieketspan het Saterdag, 13 Oktober hulle wedstryd teen eMbalehnle se krieketspan gewen.
Die wedstryd het op Ermelo Hoërskool se krieketveld plaasgevind.
Ermelo het eerste die kolf opgeneem en 202 lopies in 20 beurte op die telbord aangeteken.

Dylan Bornmann het 76 nie uit nie behaal en Estian Cilliers het 55 lopies aangeteken.
eMbalenhle kon slegs 132 lopies in hulle kolfbeurt aanteken.
Henrico Jooste het uitgeblink as bouler met twee paaltjies in vier beurte, waarvan hy slegs 20 lopies afgestaan het. Estian Cilliers is aangewys as die speler van die wedstryd.
Die “Thanks For Coming”-toekenning is aan Jannie Jooste toegedien.
Pan Solutions Warriors cc het die wedstryd met 70 lopies gewen. Die span se volgende wedstryd vind Saterdag, 20 Oktober teen Sasol 1 en Sasol 2 op Sasol se tuisveld in Secunda plaas.
