Local sportSport

Pan Solutions Warriors is T20 naaswenners

Met die T20-reeks wat verby het die Pan Solutions Warriors in die tweede plek geëindig.

Die Pan Solutions Warriors cc het Saterdag, 20 Oktober twee T20-wedstryde teen Sasol in Secunda gespeel.

Die span se eerste wedstryd was teen Sasol 2, waar Ermelo eerste die kolf opgeneem het en 180 lopies geslaan het.

Johan Koen het uitgeblink met 55 lopies en Riaan Jansen met 43 lopies.

Sasol se span kon slegs 116 lopies in hul kolfbeurt aanteken. Lappies Labuschagne het as bouler uitgeblink in vier beurte, met drie paaltjies en het 20 lopies afgestaan.

Die Warriors het die wedstryd met 64 lopies gewen.

In die tweede wedstryd het Ermelo teen Sasol 1 te staan gekom en weer die kolf eerste opgeneem.

Sasol 1 se harde boulwerk en goeie veldwerk het gesorg dat die Warriors met slegs 50 lopies kon aanteken. Henré Naude het 17 lopies aangeteken.

Sasol 1 het in die sesde beurt Pan Solutions Warriors se telling verbygegaan.

Johan Koen is as speler van die dag aangewys.

Met die T20-reeks wat verby is, het die Pan Solutions Warriors in die tweede plek geëindig.

Die span sien uit na die liga wat Sondag teen Piet Retief op Dumbe se sportterrein afskop.

Henré Naude van Pan Solutions Warriors cc in aksie tydens hul vorige wedstryd op Ermelo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button