Local sportSport

Wildman Ermelo bied suksesvolle “Gong Steel Challenge” by Indawo aan

Johannes klopper is met ’n vol tal van 40/40 punte aangewys as die beste mans skut vir die dag en Marlize Wolfaardt is met 27/40 punte aangewys as die beste vroue skut vir die dag.

Wildman Ermelo se jaarlikse skietdag het Saterdag, 20 Oktober gesorg vir vele pret onder die skuts van Ermelo.

Die kompetisie het afgeskop op Indawo met 53 spanne wat ingeskryf het.

Hoewel die weer nie saamgespeel het nie, het die skuts hulle nie laat afskrik nie en die uitdaging met albei hande aangegryp.

Agt bane is vir die dag opgestel waar elke skut die geleentheid gehad het om op elke baan vyf punte vir die span bymekaar te maak.

Wildman Ermelo se “Gong Steel Challenge” se uitslae van die dag is soos volg:

Die algehele wenners van die dag is die 4 eendjies-span wat bestaan uit Piet van der Heever, Deon Griesel, Louis Lehmkuhl en Jacoos van Niekerk.

Die span het ‘n totaal van 146 punte raak geskiet.

In die tweede plek is die Overwatch-span ook met 146 punte, maar het meer ‘joker-kaarte’ gebruik. Die span bestaan uit Johan Lottering, Deon de Villiers, Christy Marias en Hein Snubbe.

Die Casino Wolves het in die derde plek geëindig met 145 punte. Die span het bestaan uit Marius Moolman, Francois Martins, Elton Cross en Johan van Niekerk.

In die vierde plek was die Y-notz met 133 punte. Die span het bestaan uit Frederick Maritz, André Botha, Johan de Jager en Pieter Hattingh.

Die beste vrouespan vir die dag was die Blackpanthers wat ‘n totaal van 87 punte op die dag raak geskiet het. Die span het bestaan uit Elize van der Heever, Ansuné Neethling, Madelein van Niekerk en Michelle Muller.

Die beste juniorspan vir die dag was Wildman Jnr wat op 73 punte geëindig het.

Johannes klopper is met ‘n voltal van 40/40 punte aangewys as die beste mansskut vir die dag en Marlize Wolfaardt is met 27/40 punte aangewys as die beste vroue-skut vir die dag.

Die Blackpanthers is aangewys as die beste vrouespan vir die dag. Die span bestaan uit Ansuné Neethling, Michelle Muller, Elize van den Heever en Madelein van Niekerk saam met mnr. Bennie du Plooy van Wildman Ermelo. (Foto: Verskaf)
Marlize Wolfaardt is met 27/40 punte aangewys as die beste vroue-skut vir die dag, Hier staan sy staan met Madelein du Plooy van Wildman Ermelo. (Foto verskaf)
Die Overwatch-span het in die tweede plek geëindig. Die span bestaan uit Johan Lottering, Deon de Villiers, Christy Marias en Hein Snubbe, saam hulle op die foto is mnr. Bennie du Plooy van Wildman Ermelo. (Foto: Verskaf)
Die 4-eendjies is aangewys as die algehele wenner van die dag. Die span bestaan uit Piet van der Heever, Deon Griesel, Louis Lehmkuhl en Jacoos van Niekerk saam met mnr. Bennie du Plooy van Wildman Ermelo. Die span het ’n totaal van 146 punte raak geskiet. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button