Local sportSport

Hervormde Kerk Suid nooi almal na hul jaarlikse Pienkbal Gholfdag op Ermelo

Die kenmerkende pienk baadjies sal weer vir die wenners van die dag aangetrek word.

Die Hervormde Kerk Suid nooi almal na hul jaarlikse Pienkbal Gholfdag wat Saterdag, 17 November by Ermelo Gholfbaan plaasvind.

Dit is vanjaar 25 jaar sedert die kerk se eerste Pienkbal Gholfdag.

Die kompetisie sal om 7vm afslaan.

Elke span sal een pienkbal ontvang, waarmee die span sal beurte maak om te speel.

Die telling van die pienkbal sal die span se telling bepaal, terwyl daar terselfdertyd ook individuele tellings neergepen sal word.

Die kenmerkende pienk baadjies sal weer vir die wenners van die dag aangetrek word.

Spelers staan die kans om aantreklike pryse tydens die kompetisie te wen. Skakel mnr. Natie van Rooyen op 082 562 0608.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button