Local sportSport
Hervormde Kerk Suid hou vanjaar die 25ste jaarlikse Pienkbal Gholfdag
Die kenmerkende pienk baadjies sal weer vir die wenners van die dag aangetrek word.
Die Hervormde Kerk Suid nooi almal na hul jaarlikse Pienkbal Gholfdag wat Saterdag, 17 November by Ermelo Buiteklub plaasvind.
Dit is die 25ste keer dat dié dag aangebied word.
Die kompetisie begin om 7vm.
Elke span sal een pienkbal ontvang, waarmee die spanlede beurte maak om te speel. Die telling van die pienkbal sal die span se telling bepaal, terwyl daar terselfdertyd ook individuele tellings neergepen sal word.
Die kenmerkende pienk baadjies sal weer vir die wenners van die dag aangetrek word.
Spelers staan die kans om groot pryse tydens die kompetisie te wen. Skakel mnr. Natie van Rooyen by 082 562 0608.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



