Charles Wahlstrand verteenwoordig Full Moon Cue Sport klub tydens Chinese 8-bal kampioenskap
Charles is reeds hard aan die oefen vir die komende jaar se potspel-disiplines.
Charles Wahlstrand van Full Moon Cue Sport klub op Ermelo het onlangs aan die Chinese 8-bal kampioenskap deelgeneem.
Hy was die enigste speler van Ermelo wat in die kampioenskap meegeding het.
Die liga het Vrydag, 27 Julie afgeskop en die laaste wedstryde het Vrydag, 26 Oktober plaasgevind.
Hy het in die eerste wedstryd teen Will Glen te staan gekom en die wedstryd 5-0 beklink.
In die volgende ronde het hy sake teen Orlando Pestana uitgespook en na ‘n naelbytwedstryd met ‘n 5-4 wen van die tafel weggestap.
Hy het daarna vir Adam Nel aangedurf en die wedstryd 4-5 verloor, waarna hy in die volgende ronde teen Hendry Erasmus gespeel het.
Die wedstryd het in ‘n 2-5 nederlaag vir Charles geëindig, wat ook sy seisoen op die tafels beëindig het.
Charles is reeds hard aan die oefen vir die komende jaar se potspel-dissiplines.




