Ermelo Defensive Pistol Klub (EDPC) bied laaste skietdag vir die jaar by Vlakfontein-skietban aan
Daar is ook ’n haelgeweer-pretskiet aangebied om die dag mee af te sluit. Louis Geldenhuys is as die wenner van die haelgeweer-skiet aangewys.
Ermelo Defensive Pistol Klub (EDPC) het Saterdag, 24 November hul laaste skietdag vir die jaar aangebied.
Die kompetisie het by Vlakfontein-skietbaan op die Chrissiesmeerpad plaasgevind.
‘n Totaal van 18 skuts het die laaste skietdag aangepak met vyf verskillende bane wat vir die dag opgestel is. ‘n Haelgeweer-pretskiet is ook aangebied om die dag mee af te sluit.
Louis Geldenhuys is as die wenner van die haelgeweer-skiet aangewys.
Christo Botha het die beste tyd vir die dag geskiet met 106.41 sekondes, met Johnny dos Reis in die tweede plek met ‘n tyd van 123.63 en kort op sy hakke is Victor Borges derde met ‘n tyd van 126.32 sekondes.
Louis Geldenhuys het in die vierde plek geëindig met ‘n tyd van 143.93 sekondes, Vivian Whatley vyfde met 154.35 sekondes en John Smith sesde met ‘n tyd van 160.46.
In die sewende plek was Pieter Randell met 164.82 sekondes, Willem Jan Human agtste met 166.77 sekondes, Loekie Jansen van Rensburg negende met ‘n tyd van 169.52 sekondes en Ernst Jansen van Rensburg het die tiende plek ingeneem met ‘n tyd van 186.89 sekondes.
Jaun van der Westhuizen (213.76 sek) was in die 11de plek, Hein Fourie (214.94 sek) 12de, Cheryl Geldenhuys (232.12 sek) 13de, Luché Geldenhuys (253.98 sek) 14de, Christelle Whatley (291.43 sek) was in die 15de plek met Antonet van der Westhuizen (322.05 sek) in die 16de plek.
Die klub hou Donderdag, 6 Desember hulle jaarlikse prysuitdeling en jaarafsluiting.





