Local sportSport

Ermelo Pan Solution krieketspanne sorg vir opwinding tydens liga-wedstryde op Ermelo

Estian Cilliers het 41 lopies (nie uit nie) aangeteken en Riaan Jansen het 29 lopies (nie uit nie) aangeteken.

Ermelo Pan Solution Warriors se eerste krieketspan het Saterdag, 24 November teen eMbalenhle op Hoërskool Ermelo se krieketveld te staan gekom.

Die span het die dag afgeskop met veldwerk en eMbalenhle vir 97 lopies uitgehaal.

Mark Niebuhr het in sewe boulbeurte, vier paaltjies laat tuimel en slegs 27 lopies afgestaan.

Ben van Wyngaardt het in 2.2 boulbeurte, twee paaltjies geneem en vyf lopies afgestaan.

Ermelo se span het die lopies in die 11de boulbeurte verbygegaan en die wedstryd met nege paaltjie gewe.

Estian Cilliers het 41 lopies (nie uit nie) aangeteken en Riaan Jansen het 29 lopies (nie uit nie) aangeteken.

Die speler van die wedstryd was Estian Cilliers. Ermelo Pan Solution se promo-span het teen Breyton Cheetahs op Ermelo Hoërskool se veld, kragte gemeet.

Die span het eerste geboul en hulle teenstander vir 84 lopies uitgehaal.

Lappies Labuschagne het vier paaltjies laat kantel en Divan Sonnekus het drie paaltjies geneem.

Ermelo het die telling in die tiende boulbeurt verbygegaan en die wedstryd met sewe paaltjies gewen.

Danie Theron het 27 lopies vir die span aangeteken en Divan Sonnekus het 32 lopies (nie uit nie) aangeteken.

Divan Sonnekus is aangewys as die speler van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button