Sport

Impi Visser maak debuut as Blitzbok in die eerste ronde van die HSBC Sewes-wêreldreeks

Wanneer hy die naweek sy buiging as Blitzbok maak sal hy die derde Errie wees vir wie hierdie eer beskore is.

Impi Visser, ‘n oud-Errie, maak op 30 November sy debuut as Blitzbok in die eerste ronde van die HSBC Sewes-Wêreldreeks wat in Dubai plaasvind.

Hy het in 2013 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer en het sy liefde vir rugby vroeg in sy lewe ontdek.

Visser was Erries se skrumskakel vir die eerstespan en is gekies vir die Puma Cravenweekspan.

Na skool het hy sy rugbydroom nagejaag en in 2016 is hy ingesluit in die SA Rugby Sewes Akademiespan.

Hy het in 2017 saam met die FNB Tuks-rugbyspan die FNB Varsitybeker gewen, waarna hy besluit het om na Stellenbosch te verhuis om sy graad in Meganiese Ingenieurswese te voltooi en ook by die SA Rugby Sewes Akademie aan te sluit.

Wanneer hy die naweek sy buiging as Blitzbok maak, sal hy die derde Errie wees vir wie hierdie eer beskore is.

Die ander Erries is Abrie Pretorius (1995/96) en MJ Mentz (2007/11) albei oud-Erries wat ook Suid-Afrika op ‘n nasionale vlak as sewesspelers verteenwoordig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button