Local sportSport

Laeveld Jagters Vereniging (LJV) beloon skuts tydens jaarlikse prysuitdeling

In die junior-afdeling is Joël Slabber aangewys as die jagter van die jaar en in die junior junior-afdeling is Frikkie du Plooy as die wenner aangewys.

Die Laeveld Jagters Vereniging (LJV) het Vrydag, 16 November hul jaarlikse prysuitdeling by Hein se Plaas aangebied.

In die langgeweer-afdeling is Pieter Ackerman as die wenner in die veteraan-afdeling aangewys met Costas Klonaris in die tweede plek.

Kiewiet Wolfaard het die eerste plek in die senior mansafdeling ontvang, Rudi Snyman het die tweede plek ontvang en Daniel Slabber die derde plek.

In die vroue-afdeling het Marlize Wolfaard die eerste plek ingeneem met Ansuné Neethling in die tweede plek en Christelle Neethling derde.

Sumé Snyman het in die junior dogtersafdeling die eerste plek behaal. Joël Slabber is as die wenner in die junior seunsafdeling aangewys met Rudi Snyman (jnr) tweede en Nico Slabber derde.

In die 3-geweer-afdeling het Pieter Rautenbach die eerste plek in die veteraan-afdeling ontvang en Costas Klonaris die tweede plek.

Natie Rautenbach het die eerste plek verower in die senior mansafdeling met Johan Theron tweede en Naas Rautenbach derde.

In die vroue-afdeling word die eerste plek gedeel deur Mandi Hugo, Anje Peens en Zaan van der Heever. Antoinette du Plessis het die tweede plek ontvang en Christelle Neethling die derde plek.

Pieter de Beer (jnr) het die eerste plek in die junior-afdeling ontvang met AH Steenkamp in die tweede plek en Sean du Plessis in die derde plek.

Ian Cloete is as die Jagter van die Jaar in die senior mansafdeling aangewys en Ierma Cloete is as die Jagter van die Jaar in die senior vroue-afdeling aangewys.

In die junior-afdeling is Joël Slabber aangewys as die Jagter van die Jaar en in die junior-juniorafdeling is Frikkie du Plooy as die wenner aangewys.

Die Groot 5 Jagter van die Jaar is Deo Botha en Danie Roos is as die Tusker-jagter van die Jaar aangewys.

Ierma Cloete ontvang haar trofee vir Jagter van die Jaar in die senior vroue-afdeling tydens die Laeveld Jagters Vereniging se prysuitdeling. (Foto verskaf)
Deo Botha ontvang sy trofee vir Groot 5 Jagter van die Jaar van Naas Rautenbach. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button